Verhit ’n riffelpan tot warm. Sny ses stukke van 10 cm x 15 cm elk uit bakpapier.
1. Plaas elke stuk salm op sy eie stuk bakpapier. Geur die vis met die sout en peper en drup die olie oor.
2. Rooster die salm 4 min. aan elke kant vir half- tot goedgaar (afhangend van die dikte). Bêre 2 stukke vis in ’n lugdigte houer in die yskas vir môre se middagete.