Voer ’n ronde ringvorm uit met kleefplastiek of bespuit ’n silikoonvorm goed met kossproei.
Plaas die vis, stingeluie, pietersielie, sondroë tamaties, maaskaas en mayonnaise in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot goed fyngekap.
Voeg die suurlemoensap en -skil by en geur met die sout en peper, asook ’n bietjie suiker en tabascosous, indien nodig.