Stokvis of selfs klein witaasvissies word in growwe mieliemeel gerol voor dit gebraai word tot lekker bros. Heerlik saam met die eenvoudige boneslaai.
1. Vis Geur die vis met die sout en peper.
2. Meng die mieliemeel en mielieblom en geur met die paprika en ’n bietjie sout. Skep in ’n vlak bak of bord.