1. Verhit die botter en olyfolie in ’n groot oondvaste pan oor matig-hoë hitte. Rangskik die visfilette in ’n enkellaag in die pan. Meng die ekstra olyfolie en die fyngedrukte knoffel in ’n klein bakkie. Verf met die knoffelgegeurde olie en geur met die visspeserye, sout en swartpeper. Skep van die gesmelte botter en oorblywende knoffelgegeurde olie oor.
2. Verlaag die hitte na matig-laag, bedek die pan en kook 3-4 min., of tot die vis net begin vlok.
3. Verwyder die pan van die hitte.