1. Bierbeslag Meng die meel, bakpoeier, uievlokkies, knoffelvlokkies, swartpeper en sout in ’n groot bak.
2. Maak ’n holte in die middel. Voeg die bier geleidelik by terwyl jy klits. Voeg die eier by en klits tot ’n gladde beslag vorm. (Pleks van met die hand klits kan jy ’n handmenger gebruik.) Laat die beslag 30 min. in die yskas verkoel voor jy die vis braai.
3. Stokvis Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte. Doop die stofvisfilette een op ’n slag in die beslag en plaas in die pan. Diepbraai 3-4 min. tot goudbruin. Vermy dat die temperatuur van die olie te veel daal deur net een of twee filette op ’n slag te bak.