1. Viskoekies Meng al die bestanddele buiten die sesamsaad goed en verkoel 30 min. in die yskas.
2. Skep opgehoopte eetlepels van die viskoekiemengsel en vorm viskoekies. Druk die viskoekies liggies in die sesamsaad en pak op ’n bord. Laat nog 30 min. in die yskas afkoel.
3. Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai. Braai die viskoekies in sarsies tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier.