Gebruik vars vye in drie watertandlekker geregte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met dié dat vye nou in seisoen is, kan jy dit gerus op verskeie maniere gebruik. Dis lekker vir inlê, maar kan ook hemels proe in ’n slaai of saam met talle vleissoorte. Hier is drie moontlike geregte waarvan jou gaste skaars genoeg sal kan kry

1. Gebakte bloukaas-vye: Sny ’n kruisie aan die bokant van ’n paar vye, druk oop, krummel ’n bietjie bloukaas oor, bedrup met heuning en rooster in die oond tot die kaas gesmelt is. Sit voor as ’n bygereg of saam met ’n kaasbord.

2. Vyepoeding: Maak ’n eenvoudige vanielje-bokskoekmengsel aan. Giet in ’n tertbak, pak gehalveerde, vars vye bo-op en bak volgens die aanwysings op die pakkie. Sit voor saam met roomys en gekapte okkerneute.

3. Spek en vye slaai: Sny ’n paar vars vye in kwarte. Braai ’n pakkie spekrepies tot lekker bros en skeur in stukkies. Versprei slaaiblare op ’n plat slaaibord, pak die vye, skyfies camembert of brie op die slaaiblare en sprinkel die spekstukkies oor. Sit voor saam met ’n soeterige slaaisous.

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!


Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in