book-icon Uitgawe 20 Mei 2021

8 Kaaps-Maleise disse uit Fatima Sydow se resepteboek

akkreditasie
Fatima Sydow van Kaap, kerrie en koesisters-faam se nuwe kookboek, Fatima Sydow Cooks, bevat meer as 90 resepte vir familiemaaltye en spesiale geleenthede.
Foto: Henk Hattingh
Fatima Sydow van Kaap, kerrie en koesisters-faam se nuwe kookboek, Fatima Sydow Cooks, bevat meer as 90 resepte vir familiemaaltye en spesiale geleenthede. Foto: Henk Hattingh

Die nederige hoender kry ’n staande toejuiging in dié heerlike gereg van soet en pikante geure, bros hoendervel en sappige sagte vleis. Wanneer jy weer ’n suurlemoen en ’n lemoen in die kombuis sien rondlê, maak onmiddellik si­trushoender. Die geure is in die pan-sappe – bedruip die hoender daarmee net voor jy dit voorsit. 

As jy ’n ryk en dekadente garnaalgereg wil hê, hoef jy nie verder te soek nie. Dié romerige, pikante en matig sterk spesery- sous is vol van die geure van die see. Sit die chaat voor op spesiale geleenthede of as ’n voorgereg wanneer jy gaste vir aandete nooi – dit sal beslis beïndruk.

Beesbors is ’n goedkoop, beenlose vleissnit wat vol geur is en dikwels gedroog of gerook word. Dit is ook een van die beste vleissnitte vir lank en stadig kook.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees