Ons grootste uitdaging tydens die inperking en die coronakrisis is om ons geliefdes veilig en gesond te hou. Versterk hulle deur etes met voedsame bestanddele te berei wat hul immuunstelsel ’n hupstoot kan gee.
Die leefstylsjef Izelle Hoffman se nuwe boek, Mindful Eating, sal jou in dié tyd help.
Dis nie net propvol inligting oor die gesondheidsvoordele van alledaagse kos en bestanddele nie; sy wys ’n mens ook om gesonde kos te kook kan prettig en maklik wees.