book-icon Uitgawe 22 April 2021

Tuisgemaakte kluitjiedeeg, brandrissieolie en pikante soja-doopsous

akkreditasie
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

1. Tuisgemaakte kluitjiedeeg

BEREIDING: 5 MIN.

RUS: 10 MIN.

GENOEG VIR 18-24  

Bestanddele
  • 375 ml (1½ k) koekmeel 
  • 125 ml (½ k) mielieblom
  • 5 ml (1 t) sout
  • 125 ml (½ k) louwarm ­water
   
  • Plaas alles saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot die deeg om die lem begin vaskleef. Voeg nog ’n klein bietjie water by ­indien die deeg te droog is.
  • Keer die deeg uit en knie tot glad. Bedek en laat 10 min. rus.
  • Rol die deeg papierdun op ’n meelbestrooide oppervlak uit, sny in vierkante of in sirkels – jy kan selfs ’n pastamasjien gebruik om die deeg papierdun uit te rol.
  • Gebruik die deeg dadelik of vries tot nodig.

VIR VRIES

  • Rol die kluitjiedeeg uit soos verkies. Bestrooi liggies met mielieblom en pak bo-op mekaar.
  • Bedek goed met kleefplastiek. Plaas dit in ’n seëlbare sakkie en vries tot nodig.
  • Om te gebruik, laat die deeg oornag in die yskas ontdooi en gebruik soos verkies

VIR DIE KLUITJIES 

  • Gebruik kluitjiedeeg wat in sirkels uitgesny is. Skep ’n hopie van ’n vulsel van jou keuse in die middel van die deegsirkel.
  • Smeer ’n bietjie water om die kante van die deeg en vou die deeg in ’n halfmaan-pakkie.
  • Seël die kante goed, pak in ’n stomer en stoom 7-12 min. of tot gaar.
  • Sit voor saam met ’n sous van jou keuse. 

2. Brandrissieolie


LEWER ONGEVEER 250 ml

BEREIDING: 5 MIN.

GAARMAAK: 5 MIN.

STAAN: OORNAG

  • Plaas 45 ml (3 e) droë brandrissievlokkies, 2 platgedrukte knoffelhuisies, 2 steranyse en 250 ml (1 k) sonneblom­olie in ’n klein kastrol. 
  • Verhit 5 min. oor lae hitte.
  • Haal van die hitte af en voeg 30 ml (2 e) sojasous by. Bedek die kastrol en laat staan oornag.
  • Giet in ’n fles en gebruik wanneer nodig. 

3. Pikante soja-doopsous

LEWER SO 125 ML (½ K)

BEREIDING: 5 MIN.

  • Meng 125 ml (½ k) soja­sous, 45 ml (3 e) rys­asyn, 10-15 ml (2-3 t) rissieolie en 1-2 fyngekapte stingel­uie goed.
  • Sit voor. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees