Yolani is ’n fyngebaksjef en mede-eienaar van die restaurant Kole & Deeg op Tulbagh. Sy was voorheen die aanbieder van Spyskaart op SABC2 en is deesdae medeaanbieder van Kookpunt op VIA (DStv-kanaal 147) saam met die sjef en restauranteienaar Chris Erasmus.
Yolani kook graag plantgebaseerde geregte tuis saam met haar sjef-man, Anwar Abdullatief, en sy hou daarvan om met nuwe geure te eksperimenteer. In haar volgende lewe sou sy graag ’n veganis wou wees.