Sampioene is ’n soort fungus; daarom is dit tegnies gesproke nie ’n groente nie. Tog word dit meestal as ’n groente gebruik en voorgesit.
Sampioene is supergesond, bevat min kilojoules, vet, koolhidrate, cholesterol en sout en het ook ’n lae glukemiese indeks. Dis ryk aan vesel, veral oplosbare vesel, het baie vitamiene, veral B-vitamiene, en bevat net so baie antioksidante soos kleurryke groente.
Die sondroë tamatie werk heerlik saam met die sampioene.