- Slaaisous: Meng al die bestanddele en hou eenkant.
- Groente en rys: Plaas die sampioene in ’n bak. Meng die sojasous, asyn, suiker en sesamolie en giet bo-oor. Marineer terwyl die res van die groente gaargemaak word.
- Verhit ’n pan en braai die groente elkeen apart tot net effe geskroei buite-om. Giet ’n bietjie water in die pan indien nodig. Braai nou die sampioene tot gaar en bruin.
- Meng die rys met die stingelui, boontjiespruite en sesamsade. Meng van die slaaisous in. Skep in 2-3 bakkies. Rangskik die groente bo-op of langsaan die rys en drup nog van die slaaisous oor.