- Verhit ’n droë pan en rooster die koljandersaadjies tot geurig en tot hulle liggies begin verkleur.
- Skep uit en laat eenkant afkoel.
- Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie liggies oor matige hitte tot gekaramelliseer.
- Voeg die knoffel by en braai tot geurig.
- Roer die tamaties by en braai tot die meeste van die vloeistof van die tamaties uitgebraai is.
- Voeg die suiker en asyn by en roerbraai tot die suiker gesmelt is.
- Maal die koljandersaadjies rofweg in ’n maler en sprinkel oor die blatjang.
- Voeg die koljanderblare by en meng deur.
- Geur met die sout na smaak.
Vir voorsit
- Skep die blatjang in ’n skoon fles en bêre in die yskas tot nodig.
- Sit die blatjang voor saam met die gebraaide boerewors en roosterkoeke.