Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en hou ’n oondvaste kastrol met ’n deksel byderhand.
1. Vulsel: Sny die vleis kleiner, indien nodig. Geur die vleis met die sout en peper en sprinkel die kruie oor.
2. Verhit die olie in die kastrol en braai die vleis in sarsies tot bruin aan alle kante. Skep die vleis uit en hou eenkant.