1. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die ui en knoffel by en soteer 4-5 min. tot die ui deurskynend is.
2. Voeg die beeslewer en sampioene by en meng goed. Roer die speserye by en geur met die sout en peper. Braai 5-7 min. of tot die lewer net bruin is aan die buitekant en die sampioene deurskynend is.
3. Roer die braai- en brandsous, vars room en cheddarkaas in. Sit ’n deksel op die pan en laat prut 2-3 min. tot die lewer heeltemal bruin aan die buitekant is en die room verdik het.