Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot oondbak of 2 kleiner oondbakke met kossproei.
1. Vulsel: Rooster die koljander- en komynsaadjies in ’n droë pan tot geurig. Haal uit en maal fyn.
2. Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai 5 min. Roer die wortels en aartappels deur en giet die aftreksel by. Laat vulsel liggies prut tot die groente gaar is.