Stokfrikkadelle met poetoepap en sous

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

1. Frikkadelle: Meng alles liggies en vorm klein, langwerpige frikkadelle. Laat rus 15 min. in die yskas om te verhoed dat die frikkadelle uitmekaarval. Braai in ’n klein bietjie olie in ’n pan tot gaar. Ryg aan stokkies indien verkies en hou warm.

2. Sous: Braai die ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag, voeg die groente by en braai tot sag. Voeg die tamaties by, geur met die sout, ’n bietjie paprika en rooipeper, verlaag die hitte en laat prut tot ’n geurige sous. Roer die appelkooskonfyt of suiker by en geur na smaak met die sout en asyn. 

3. Pap: Meng die mieliemeel, melk en water, geur met die sout en bring tot kookpunt. Kook tot taamlik styf en gaar, sowat 20 min., roer af en toe en roer die kaas by indien verkies. Laat afkoel tot hanteerbaar en rol in bolle. Rol die bolle in die broodkrummels indien verkies en braai liggies in ’n bietjie olie tot bruin. Ryg die bolle net so ongebraai of ander­sins gebraai aan stokkies. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees