Tong met mosterdsous

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michael le Grange
Foto: Michael le Grange

Tong

  • Laat lê die tong 3 uur in ’n kastrol met koue water.
  • Giet die water af en bedek die tong met skoon water.
  • Voeg die uie, wortels en peperkorrels by.
  • Bring tot kookpunt en laat kook stadig tot sag, sowat 60-90 min.
  • Trek die vel af terwyl die tong nog warm is en laat dit in sy eie vloeistof koud word.

Mosterdsous

  • Week die sultanas 1 uur in kook­water.
  • Dreineer.
  • Meng die mosterdpoeier, asyn, suiker, eiergele en sultanas in ’n glasbak.
  • Plaas oor ’n kastrol met kokende water – die water moenie aan die glasbak raak nie – en roer tot die mengsel dik en gaar is.
  • Verwyder van die hitte en meng die botter by.
  • Laat afkoel.

Vir voorsit

  • Sny die koue tong met ’n skerp mes in skywe van 5 mm dik.
  • Pak dit op ’n opdienbord en skep lepels vol mosterdsous oor.
  • Rond af met die vars kruie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees