’n Lekker skoot rooiwyn verleen ’n heerlike diep geur aan hierdie sop met sy tamatiebasis.
Die resep vir hierdie geurige sop het ek by die bekende kosfoendi Cass Abrahams gekry.
Hierdie sop het ek jare gelede by ’n klein bistro op Graaff-Reinet geniet. Saam met vars gebakte saadbrood was dit hemels en is dit nou gereeld op my tuistafel. Jy kan begin met sopbene, maar daarsonder maak dit ’n heerlike vegetariese sop.