1. Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en meng met ’n houtlepel of vurk tot dit maklik in ’n bal gevorm kan word. Skep eetlepels vol van die mengsel uit en rol tussen jou palms in balletjies, ongeveer so groot soos tafeltennisballetjies. (Voeg ’n bietjie klappermeel by as die mengsel te taai is.)
2. Versprei die happies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak 18-20 min. in ’n voorverhitte oond by 190 ºC tot goudkleurig en bros alkante. Draai een keer in die bakproses. Sit warm of koel voor.