Ertjiesop met varkskenkels

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Bereidingstyd: 30 MIN.
Porsies: 3 L SOP
Gaarmaaktyd: 2 UUR
Bestanddele
  • - 2 (sowat 800 g) varkskenkels, in stukke gesny en verkieslik gerook
  • - 2 L (8 k) hoenderaftreksel
  • - 10 ml (2 t) fyn koljander
  • - 2 groot wortels, in ringe gesny
  • - 1 prei, in ringe gesny
  • - 1 bos sopseldery, gekap
  • - ’n groot hand vol gekapte pietersielie
  • - 1 L (4 k) water
  • - 1 pakkie (500 g) droë ertjies, oornag in water geweek
  • - gerasperde sterk cheddarkaas
  • - 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • VIR VOORSIT -
  • - 250 g spekvleis, in stukkies gesny
  • - Franse brood, in dun snytjies gesny en gerooster
  • - 45 ml (3 e) olie
  • - 5 ml (1 t) suiker
  • - peper en gerookte Kalaharisout
  • - 5 ml (1 t) paprika
  • - worcestersous na smaak
  • - 1 ui, gekap
Metode
  • Dreineer die ertjies, spoel af en kook in skoon water tot sag. (Ek doen dit sommer in die mikrogolfoond.)
  • Braai intussen die spek en skenkels in die olie tot bruin in ’n groot sopkastrol of drukkoker.
  • Voeg die vars groente by en roerbraai tot sag.
  • Dreineer die ertjies en voeg by.
  • Voeg die aftreksel, pietersielie en tamaties by, geur met die koljander, paprika, suiker, peper en gerookte sout, en laat prut tot die vleis van die bene afval en die sop lekker geurig en dik is.
  • Verwyder die meeste van die bene en die swoerd indien verkies en trek die vleis in rafels.
  • Geur met die worcestersous na smaak.

Vir voorsit

  • Sprinkel die kaas oor die broodjies, rooster tot gesmelt en sit voor saam met die sop.
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees