1. Voorverhit die oond en smeer ’n bakplaat met olie of bespuit met kossproei.
2. Sny die punte van die suurlemoene af sodat dit regop staan, en sny dit dan in die helfte. Hol elke helfte uit, maar sorg dat die onderkante heel bly. Voer elk van die 12 helftes met basilie uit om ’n laag tussen die wit deel van die skil en die vulsel te vorm.
3. Meng die kersietamaties in ’n bietjie olyfolie, sout, peper, suiker en tiemie en rooster dit dan 10 min. in die oond of tot dit oopbars.