1. Pannekoekies: Klits die eiers, melk en water (indien nodig) goed saam. Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak, maak ’n holte in die middel en giet die melkmengsel by. Klits die beslag tot glad en sonder klonte. Bedek en laat staan minstens 30 min.
2. Vulsel: Verhit die botter en olie in ’n kastrol en braai die spek tot gaar. Voeg die wortel by en roerbraai nog 1 min. Verlaag die hitte, sprinkel die meel oor en roer deur.
3. Giet die melk by en roer aanhoudend tot verdik. Laat die mengsel 5 min. oor lae hitte prut en roer die pitmielies en cheddar deur. Geur met die sout. Skep uit en laat heeltemal afkoel. Bêre in die yskas tot nodig.