Die wêreld het dalk weer sy deure oopgegooi en mense verkeer weer lekker sosiaal, maar dit beteken nie noodwendig almal het afgesien van een van die dinge wat die pandemie byna op almal afgedwing het nie: om tuis te kook.
Meer mense verkies steeds om in hul eie kombuis resepte op die proef te stel. Volgens Better Homes & Gardens keer meer mense terug na outentieke resepte wat nostalgie oproep eerder as om op nuwe idees te fokus.
Een voorbeeld is om croissants te maak op die klassieke manier, wat ’n twee tot drie dae lange proses is, eerder as om ’n blitsresep te gebruik.