Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kortverhaal: Gebed verhoor
26 November 2020


Lindy se woede is amper buite beheer en sy stry half histeries. Candice, haar vriendin, voel of sy haarself kan skop. Sy moes geweet het Lindy gaan só aangaan toe sy haar probeer vertel het dat Breydon, die ou wat die laaste ruk so baie by die dans aangekom het, eintlik nie ryk is nie.

“Ek weet nie hoekom jy nou skielik vir my sê ek is hoogmoedig nie! Ek het net standards en jy weet ek kan eenvoudig nie met so . . . so . . .,” soek sy na die regte woord, “Sy tipe uitgaan nie, man. Jy weet wat ek bedoel. Imagine, my image!” Candice kan nie glo wat sy hoor nie. Dis ’n nuwe laagtepunt vir haar vriendin wat gedurig kla sy vind nooit geluk nie.

“Jy het tog, uhm, kom ek sê maar ‘geheg’ aan hom geraak en hy was hierdie goeie mens, die man van jou drome, tot vandag toe. Noudat jy weet hy is nie so ryk nie, is nou nie goed genoeg nie. As ek jy is, skaam ek my oë uit my kom uit.” Candice is ontsteld, iemand sal vir Lindy moet sê dis haar pa se geld waarmee sy haar so uitgee. Dan verwag sy boonop ander mense moet rol in die geld voor hulle in haar rigting kan kyk.

“As jy nie as ’n vriendin my seer en teleurstelling kan raaksien nie, weet ek nie eens hoekom ons bevriend is nie!” gil Lindy en pluk haar kar se sleutels nader. Candice keer haar. “Lindy, jy weet ek probeer jou net help. Jy gooi ’n goeie ding weg deur oppervlakkig te wees. Dis nie nodig om ’n brat te wees nie.”

Lindy kyk vir Candice verbaas aan. “Het jy nou vir my ’n brat genoem? Vir my? Hou jou vriendskap. Ek is klaar met jou.” Lindy storm na haar kar toe. “Lindy!” skree Candice agterna. “Despite wat jy gesê het, is jy welkom om enige tyd weer bande met my op te tel. Ek vergewe jou.” Candice se neusgate raak wyer. “Jy sal nie langer as 48 uur wegbly nie.”

Candice kyk kopskuddend hoe Lindy in haar kar wat etlike miljoene rand kos, wegspin, asof dit maar net iets is wat “Paps maar kan vervang.’” Paps’ is ’n multimiljoenêr en het net een dogter, wat haar verbeel dat iemand sonder ’n paar miljoen in die bank nie goed genoeg is nie. “Lindy sal een of ander tyd iemand moet raakloop wat haar lewensuitkyk gaan verander, anders gaan haar lewe oor ’n afgrond beland,” dink Candice hardop.

“Vader,” bid sy, “stuur ’n engel oor Lindy se pad sodat sy nuwe perspektief in die lewe kan kry, want hoogmoediges kom nie in U koninkryk nie.” Ek sal hulle wys, dink Lindy, wat nog in ’n baie donker bui is. Almal dink deesdae hulle is beter as ek. Miskien moet sy sommer oorsee gaan vir ’n jaar lank, dink sy en dit klink goed in haar kop. Sy het die geld daarvoor én die woede! Sy trap die Porsche se petrol diep in om so gou moontlik by OR Tambo uit te kom.

Skielik voel sy dat daar iets fout is met die kar en boonop ry sy teen ’n gevaarlike spoed. Skrrrrrr! skree die kar die wiele. Die kar swaai wild heen en weer. Sy gaan nou dood, dink Lindy vir ’n oomblik. Dit kom twee tree van ’n brug se railing af tot stilstand. Sy wip soos sy skrik toe sy sien iemand staan langs haar kar. Kan dit iemand wees wat haar wil kaap? Sy kry ’n gril. “Meneer, staan weg!” Hy bly staan en kyk haar reguit in die oë tot sy ongemaklik in haar sitplek rondskuif. “Juffrou . . .” praat hy vir die eerste keer.

“Jy het te vinnig gery!” Hy praat effe bestraffend. Sy wil hom eers iets toesnou, maar daar is iets wat haar terughou. Hoekom is hierdie boemelaar só, wel, ’n mens kan sê hy is ‘anders’, wonder sy. “Ek weet ek is ’n boemelaar,” vervolg hy vriendeliker. “Ek kan regtig karre regmaak. Dit sal my nie te lank vat nie, dan sal jy presies weer hier wees.” Hy skop aan die wiel wat skeef staan.

“Jy moet net geduldig wees, al weet ek jy is ’n baie ongeduldige mens.” Sy wil hom weer iets toesnou, maar daar is dit weer! Die kyk in sy oë. “Hoe weet ek dat jy nie ’n rampokker is nie?” “Jy moet leer om die goeie goed ook in mense raak te sien. Ek sê nie jy moet enigeen net vertrou nie. Dit is hoekom jy nie vriende het nie. Jy kan by my begin.” Sy weet nie hoekom doen sy dit nie.

Dit is teen al haar beginsels om dit te doen, maar hier kom dit: “Doen dit asseblief,” sê sy en skok haarself. Sy het nog haar hele lewe lank hierdie bedelende mense verag en nou help hy haar! Wag! Daar is iets wat skielik aan haar knaag. Sy kan nie haar vinger daarop lê nie. “Meneer, jou klere is spierwit. Dit gaan vieslik vuil wees,” waarsku sy hom. Hy staar weer intens na haar.

“As ek iets vir my medemens doen, gee ek nie om om myself vuil te maak nie. Jesus het dan gesterf vir ons. Al ons sondes op Hom gevat. Nou wie is ek dan?” Sy kry skaam omdat sy op die oomblik hier sit op pad na die vreemde omdat sy iemand met ’n middelklas-inkomste so gruwelik verag het. “Jy laat my nou goed voel en sê wat ek nooit sou nie,” bieg sy. “Jy sien, ek was besig om weg te loop omdat ek iemand verag omdat hy net ’n middelklas-inkomste kry.”

“Hoekom loop jy dan weg? Jy kon die persoon mos net vermy het.” “Ek . . . Wel hy het my hart te vinnig laat klop en ek kan dit nie bekostig nie.” Sy voel skuldig omdat sy vir Candice so liederlik uitgeskel het. “Jy was van plan om ongelukkig die lewe in te gaan omdat jy nie armer wil trou nie!” Hy skud sy kop en loop na die boot. “Party mense se prioriteite darem,” mompel hy net hard genoeg vir Lindy om te hoor. Hy maak die boot oop en haal die nodige gereedskap en die noodwiel uit, sit dit langs die kar neer en begin om die wiel van die kar af te haal. Daar spoel ’n koue gevoel oor Lindy. Sy is seker sy het die boot gesluit. Sy wonder wat sy naam is.

“Meneer, net ’n oomblikkie . . .” Hy kom nader gestap. “O, ja!” Hy lag. “Ons het ons nog nie voorgestel nie.” Hy skud haar hand en sy voel vreemd. “My naam is Éleeah, aangename kennis,” stel hy hom voor. Lank ná hy haar hand gelos het, kry sy nie ’n woord uit nie. Daar is weer die vreemde gevoel. Hoe het die man geweet dat sy sy naam wou weet? Moet per toeval wees.

En daar werk hy verder asof hy geweet het dat sy net wou weet wat sy naam is, maar asof hy klaar haar naam ken. Vyf minute later sien sy hoe hy die stukkende band in die boot laai en die gereed- skap wegsit. Sy maak haar handsak oop om hom te betaal. Sy grawe in al die kompartemente, maar kry nie haar geld nie. Sy het permanent ’n paar duisend rand by haar en het dit nie gebruik nie! Dis weg . . . “Soek jy iets?” vra hy skielik langs haar.

“Ek wou jou getip het, maar daar is nie geld in my handsak nie,” antwoord sy hom. “Los die geld,” probeer hy te keer. “Vergeet daarvan, Éleeah! Jy gaan saam met my om bank toe te ry,” steek sy vas. “Ek het ’n beter voorstel,” sê hy. “Wat van jy vat my om te gaan eet dan praat ons?”

Hy vryf oor sy maag. “Ek is honger.” Sy glimlag. “Jy gaan steeds moet inklim!” Op pad restaurant toe sit hy doodstil en Lindy begin ongemaklik raak. “Jy sê niks nie?” probeer sy hom aan die praat te kry. Hy bly nog ’n rukkie stil voor hy stadig begin praat. “Jy weet . . .” Hy huiwer voor hy weer begin praat. “Daar is iets aan jou wat my hinder.” Hy bly stil. “Gaan voort,” moedig sy hom aan. “Jou houding is nie mooi nie. Jy haat arm mense asof jou geld van jou ’n beter mens maak.” Hy gaan genadeloos voort. “Jy het my verag toe jy my sien, maar toe jy geen ander uitweg het nie, toe mag ek jou help.”

Lindy voel na aan trane. Sy woorde sny skerp deur haar. Sy hou voor die restaurant stil. “Ek is jammer . . .” begin sy, maar hy val haar in die rede. “Jy moet jouself regruk anders gaan jy nêrens in die lewe kom nie.” Hy maak die deur oop en klim uit. “Totsiens, juffrou. Ek hoop dit sal goed gaan met jou en jou aanstaande.” Hy begin weg te stap.

“Wat van jou ete?” roep sy hom agterna met ’n knop in haar keel en hy draai om. “Maak eerste met Candice reg en vra haar om verskoning en hou jou lewe lank aan om mense om verskoning te vra wat jy te na kom dan kan ons eet.”

Sy maak haar oë toe en laat haar kop op die stuurwiel sak. Die man is reg. Sy moet regmaak. Sy sit seker vir 10 minute lank só toe lig sy haar kop op. Wat! Sy val amper flou. Het sy gedroom? Voor haar is die railing van die brug. Sy is op dieselfde plek waar Éleeah haar wiel omgeruil het en sy het laas voor die eetplek gestaan. Wat gaan aan? Sy spring uit die kar uit en verstar. Die kar se wiel is heeltemal flenters.

Sy het seker gedroom, dink sy. Daar was seker nie so ’n man by haar nie. Miskien is dit die skok van die ongeluk wat amper gebeur het wat gemaak het dat sy van iemand gedroom het of goed gesien het. Dit kan nie wees nie, redeneer sy, want haar lewensuitkyk het totaal verander. Sy maak haar handsak oop en al haar geld wat netnou weg was, is daar. Wat dit ook al was, sy gaan nou vir Candice bel en om verskoning vra en daarna vir Breydon sê dat sy vir hom lief is, dan gaan sy haar duur Porsche verkoop vir liefdadigheid en vir haar ’n klein goedkoop karretjie koop

Meer oor:  Kuier  |  Kortverhaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.