Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
KuierCares: Projek help mense in gemeenskap
29 Oktober 2020


Vir KuierCares in Oktober het ons gaan inloer by verskeie mense en organisasies, insluitend Hope for the Future, Talfalah Primary en die verpleegsters by Tygerberg-hospitaal wat al van die begin van die pandemie af op die voorste linies veg.

Hope for the Future is ’n liefdadigheidsorganisasie wat Vanessa Nelson van Heideveld in die Kaap in 2008 begin het. Hul missie is “educate, eradicate and eliminate”. Vanessa vertel sy het altyd ’n hartsbegeerte gehad om terug te gee aan haar gemeenskap en het die organisasie begin omdat haar seun gediagnoseer is met ADD (attention deficit disorder) en ADHD (attention deficit hyperactivity disorder) en sy haarself moes begin leer oor hierdie toestand. Dit is ook juis hoekom Hope for the Future projekte aanpak vir kinders met spesiale behoeftes.

Vandag is Vanessa ’n gekwalifiseerde fasiliteerder. Die organisasie behartig ook sopkombuise, projekte vir oumense (soos kospakkies), back-to-school-projekte, winterprojekte, geslagsgebaseerde geweld en ondersteuning van vroue. Een van hulle gunstelingprojekte is hul Krismis-ete.

Tans is Hope for the Future se grootste nood ’n voertuig omdat hulle soveel ver-skeie areas bereik en aflewering is altyd ’n probleem. Finansies dreig altyd om op te droog en bestanddele vir die sopkombuise is ook broodnodig. Vir Vanessa is een van die groot probleme in haar gemeenskap dropouts en haar organisasie se droom is om hieraan ook te werk.

Haar grootste wens is dat haar gemeenskap altyd hoop sal hê en nooit ophou droom nie. Vanessa was oorweldig toe Kuier haar gekies het en sy glo vas as die een deur toegaan, gaan ’n ander een oop, want wat jy insit, sal jy uitkry! Talfalah Primary in Manenberg is al ’n volle 108 jaar oud! Leerders van Browns farm in die Philippi-area gaan hier skool.

Die area beleef intense en uiterste armoede. Oumas en oupas versorg baie van die leerders met karige SASSA-inkomste. As gevolg van die pandemie is baie van die leerders se ouers werkloos en honger is ’n daaglikse realiteit vir hierdie laerskool- kinders. Soms is die enigste maaltyd van die dag, dit wat hulle by die skool kry. Peninsula School Feeding Association ondersteun die skool al vir die afgelope 20 jaar en ongeveer 300 kinders vind baat by die voedingskema wat pap en ’n warm maaltyd voorsien.

Ongelukkig is voorrade beperk en baiekeer is daar te vel leerders en te min kos. Baie ouers steek hand in die sak vir honger leerders en om dit makliker te maak vir die skool om kinders te voed. Die skool doen ook ander projekte in samewerking met ’n organise genaamd HOPE.

Tydens vlak 5 van die lockdown het Talfalah Primary se hoof en personeel bymekaargekom om te verseker dat hul leerders en families kos het. Die hoof het self in die gemeenskap rondgery met kospakkies en op sommige dae het die skool tot en met 700 mense gevoed! Verder het die skool se alumni saamgestaan en fondse ingesamel om vir leerders tablets aan te skaf sodat hulle die wêreld van digitale opvoeding kon betree. Hulle het ook maskers gemaak vir die hele skool.

Leerders van Talfalah Primary het Albany-brode gekry.

Bederf verpleegsters

Met die pandemie was hospitale baie onder druk, en veral dokters en verpleegsters wat op die voorste linies moes veg vir die res van die land se oorlewing. Kuier het besluit om verpleegsters in die Covid-19-intensiewesorgeenheid by Tygerberg-hospitaal te bederf omdat dit baiekeer hulle is wat gebuk gaan onder lang ure en uitmergelende werk.

A5 is ’n sewe-bed-mediese-eenheid vir kritieke sorg waar geventileerde pasiënte met mediese probleme soos longontsteking, asma, diabetiese keto-asidose en-sovoorts versorg word. Die verpleegsters vertel die werklas met die Covid-19-gevalle was baie hoog, uitdagend en stresvol. Hoewel die hospitaal goed toegerus is met mediese toerusting, was ’n tekort aan personeel die grootste uitdaging. Kon-trakpersoneel was aangestel en personeel was onttrek uit ander afdelings om in die operasionele behoeftes te voorsien.

Sr. Felicia Heunis, verpleegkundige, onthou: “Covid-19 was moeilik. Baie pasiënte was wakker en met hoëvloei-suurstof via nasale kannule versorg. Die pasiënte het een oomblik nog gepraat, al was hulle moeg en kortasem, en dan sterf hulle skielik. ’n Pasiënt wat my altyd sal bybly, is ’n dame wat Covid-19-positief was wat ek op nagdiens verpleeg het. Net voordat ek met ete moes gaan, het sy ’n bietjie met my gesels en water gevra, wat ek gegee het. Ek het haar kussings reggeskud en haar gemaklik gemaak.

Sy het nog vroegaand met haar familie oor die foon gepraat. Toe ek van ete terugkom, het my kollega verslae in die gang gestaan en my meegedeel dat my pasiënt gesterf het. Ek was baie geskok en hartseer, maar dis Covid-19 – hy neem jou soos ’n dief in die nag en hy is geslepe. Die ergste en hartseerste is dat die pasiënte alleen sterf. Dit is so koud en alleen.”

Maar Covid-19 het nie die passie vir hul werk gesteel nie. “Dit was uitdagend en baie stresvol. Al my kollegas het ten alle tye hul beste gegee. Ons het hard gewerk en die werklading was hoog, maar elke dag is met nuwe ywer aangepak.” Die eenheid is onder normale omstandighede ’n sewe-bed-eenheid, en skielik moes hulle 27 pasiënte hanteer, met ’n waglys vir nóg pasiënte.

“Ons het nog nooit so baie gebid nie, want ten spyte van die passie vir ons werk was die vrees daar dat ons self die virus kan kry. Ons het ons alles vir die pasiënte gegee, met ’n grappie hier en daar om hul gemoed te lig, want die eensame hospitalisasie-reis kan maar baie neerdrukkend wees.” Dis vir Kuier ’n eer om dié mense te seën om dankie te sê vir die belangrike werk wat hulle doen in ons gemeenskappe!

Verpleegsters van Tygerberg-hospitaal en hul bederfies.
Vanessa Nelson van Hope for the Future.
Vanessa Nelson en Mandene Adams van Hope for the Future en hul skenkings.
DANKIE AAN ONS BORGE:
Maq, Hungry Lion, Cape Cookies, Cosmetix, Jive, Albany, L’Oréal en ander privaat instansies.
Meer oor:  Kuier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.