Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Laat die potte prut vir Vadersdag
10 Junie 2021

Soetsuur gemarineerde hoender

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 1 hoender, opgesny
  • 2 koppies mango-sap
  • ’n Hand vol vars tiemie, gekap
  • 1 koppie chutney
  • 1 koppie tamatiesous
  • 2 eetlepels sojasous
  • 2 eetlepels balsemieke asyn

METODE

Meng alles saam in ’n mengbak, behalwe die hoender. Spice die hoender soos jy verkies. Giet die sous oor die hoender en bak teen 180 °C vir 1 uur tot die hoender gaar is. Bedien die hoender warm en met bykos van jou keuse.

WENK: Vervang die mango-sap met enige geur van jou keuse.

Brekfis-pannekoek met hashbrown, gebakte eier en heuningspek

Genoeg vir 1

BESTANDDELE

Pannekoek

  • 2 koppies koekmeel
  • 3 eetlepels suiker
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 eetlepels koeksoda (bicarbonate of soda)
  • 1/2 teelepel sout
  • 2 koppies melk
  • 2 eiers
  • 1/2 koppie melk

Hashbrown

  • 2 aartappels, gerasper
  • 1 eetlepel knoffelpoeier
  • 1 eetlepel paprika
  • 1 koppie cheddar, gerasper
  • 1 eier
  • 1 koppie meel
  • Sout en peper na smaak

Samestelling

  • 1 pakkie spek
  • Genoeg heuning
  • Gebakte eier

METODE

Pannekoek:

Meng die droë en nat bestanddele apart. Voeg dit saam en meng goed. Skep lepels daarvan in ’n warm pan wat gespuit is met kleefwerende kossproei.

Hashbrown:

Druk die aartappels droog met ’n vadoek. Meng die aartappels, knoffelpoeier, paprika, cheddar, eier, meel, sout en peper na smaak. Vorm patties en bak tot goudbruin in warm olie.

Samestelling:

Spuit ’n oondskottel met kleefwerende kossproei en pak die spek daarin. Smeer die heuning oor en bak tot gaar en bros. Pak die pannekoekies op mekaar, dan die spek, hashbrown en eier. Bedien met heuning en mosterd.

Hoenderkerrie

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 4 eetlepels olie
  • 2 uie, gekap
  • 1 eetlepel fyn koljander
  • 1 eetlepel vinkel (fennel)
  • 1 eetlepel garam masala
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie (turmeric)
  • 1 kg hoender, opgesny
  • 1 geel soetrissie, in groot blokkies gesny
  • Sout en peper na smaak
  • 1 blomkool
  • 250 g groenbone
  • 300 g mushrooms
  • 415 g klapperroom (coconut cream)
  • Gekerfde klapper
  • Vars koljander
  • Suurlemoenskywe

METODE

Verhit die olie en soteer die uie tot sag. Voeg al die speserye by (behalwe die sout en peper), braai dit en gooi ’n bietjie water by. Voeg die hoender, soetrissie, sout en peper na smaak en ’n koppie water by. Sit die deksel op en laat dit kook vir 15 minute.

Voeg die blomkool, groenbone en mushrooms by. Laat dit vir 10 minute kook. Voeg die klapperroom by en laat dit prut vir 5 minute. Garneer met gekerfde klapper en vars koljander en suurlemoenskywe.

Knoffel-en- koljander-aartappels

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 500 g baba-aartappels
  • 4 eetlepels olie
  • 2 knoffeltoontjies, gekap
  • 2 eetlepels paprika
  • 2 eetlepels koljandersaad
  • ’n Hand vol vars koljander

METODE

Kook die aartappels in soutwater tot sag, dreineer en hou eenkant. Verhit die olie in ’n pan en voeg die knoffel, paprika en koljandersaad by.

Verhit dit effens en voeg dan die aartappels by. Braai vir 2 minute, gooi alles in ’n oondskottel en bak vir 15 minute teen 180 °C. Strooi vars koljander oor die aartappels net voor opdiening.

WENK: Giet witsous oor die aartappels en strooi kaas oor voordat jy dit bak.

Gevulde pork belly met geroosterde butternut, uie en groenbone

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 1 gerolde varklies (pork belly)
  • 1 koppie couscous
  • 2 knoffeltoontjies, gekap
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 2 eetlepels komyn (cumin)
  • 2 eetlepels paprika
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels heuning
  • 4 eetlepels barbeque spice
  • Sout en peper na smaak
  • 2 koppies rooi wyn
  • 2 koppies water

METODE

Meng al die bestanddele goed saam en smeer dit binne die varklies. Rol dit toe en knoop dit vas met ’n toutjie.

Sit die varklies in ’n oondskottel en smeer die heuning bo-oor. Geur na smaak met sout en peper. Voeg die wyn en water in die skottel. Bak in die oond teen 180 °C vir 1 uur.

Geroosterde groente

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 1 butternut, in blokkies gesny
  • 250 g groenbone
  • 8 uitjies, gehalveer
  • 1 roosmaryntakkie se blaartjies
  • ½ koppie balsemieke asyn
  • ½ koppie olyfolie
  • Sout en peper na smaak

METODE

Pak die groente in ’n oond-skottel, strooi die roosmaryn oor en giet die asyn en olie oor. Geur met sout en peper na smaak en bak vir 30 minute teen 180 °C tot die butternut sag is.

Basiliekruid-peppadew-en-spek-quiche

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 1 kg spek, gekap
  • 10 eiers, geklits
  • 1 koppie vars room
  • 1 koppie kaas, gerasper
  • 1 koppie peppadews
  • 1 koppie vars basiliekruid (basil)

METODE

Braai die spek. Klits die eiers, room en kaas saam. Spuit ’n quiche-bord met kleefwerende kossproei. Pak die spek, peppadews en basiliekruid daarin en giet die eiermengsel bo-oor. Bak tot gaar vir 30 minute teen 180 °C.

WENK: Vervang die spek met boerewors, mince of hoender. Jy kan ook enige groente van jou keuse gebruik.

Tamatie-gemarineerde mossels

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 4 eetlepels olyfolie
  • 2 tamaties, gekap
  • 1 ui, gekap
  • 50 g tamatiepasta
  • 6 eetlepels suiker
  • 1 knoffeltoontjie, gekap
  • 1 koppie witwyn
  • ’n Paar takkies vars tiemie
  • 1 kg mossels (met skulpe)
  • Sout en peper na smaak

METODE

Verhit die olie in ’n pot en braai die uie en tamaties tot sag. Meng die tamatiepasta en suiker en voeg dit by die pot.

Voeg die knoffel, witwyn, tiemie en mossels by. Voeg ’n koppie water by, sit die deksel op en laat prut totdat die mossels gaar is.

Dit sal so 10 tot 15 minute vat. Haal die pot van die stoof af en geur die gereg met sout en peper na smaak. Strooi pietersielie voor opdiening oor as jy wil.

WENK: Voeg room by vir heerlike romerige mossels.

Vy-en-okkerneut-malvapoeding

Genoeg vir 8

BESTANDDELE

  • 1/4 koppie suiker
  • 2 eiers
  • 1 eetlepel appelkoos-konfyt
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel asyn
  • 300 g koekmeel
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1/2 teelepel sout
  • 1/2 koppie melk
  • 6 vye, geskil en gekap
  • 1/2 koppie okkerneute (walnuts)

Sous

  • 1 koppie vars room
  • 100 g botter
  • 150 g suiker
  • 1/2 koppie water
  • 2 teelepels vanilla essence

METODE

Smeer ’n oondbak met botter. Klits die suiker en eiers, voeg die konfyt by en klits goed.

Smelt die botter en voeg die asyn by. Sif die meel, koeksoda en sout by die bottermengsel. Meng die melk, vye en neute by en meng alles goed.

Giet die mengsel in ’n oondbak. Bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir 30 – 45 minute.

Sous:

Kook al die bestanddele saam in ’n potjie. Giet dit oor die gaar poeding.

Bedien die poeding met roomys, vla of room

Meer oor:  Vadersdag  |  Kos  |  Kuier  |  Resepte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.