Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Maak heilsame bredies vir jou mense
22 Julie 2021

Wat is beter trooskos in die winterkoue as ’n heerlike bredie wat jou van binne af warm maak? 

Noord-Afrika-lamsvleisbredie

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

  • 1 kg lamsvleis (blad, boud, skenkel of stukkies ribbetjie)
  • 3 eetlepels olie
  • 2 uie grofgekap
  • 1 stingel seldery, opgesny
  • 1 koppie wortels, opgesny
  • 1 eetlepel vars gemmer/knoffel, gekap
  • 2 takkies vars tiemie
  • 1 takkie kerrieblare
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 1 birdseye-rissie (die kleintjies met baie byt)
  • 2 – 3 eetlepels harissa paste
  • 1 koppie rooiwyn
  • Kookwater soos nodig
  • 1 eetlepel sout + ekstra na smaak
  • 1 koppie groenbone, gehalveer

METODE

Verbruin die vleis in die warm olie, skep uit en hou eenkant. In dieselfde pot, soteer die uie, seldery, wortels, gemmer, tiemie en kerrieblare. Voeg die tamaties, rissie, harissa paste, rooiwyn en vleis by.

Roer deur, geur met sout en bedek met kookwater. Prut vir omtrent ’n uur tot die vleis sag is en die sous begin verdik. Voeg die groenbone by en prut vir 10 minute. Voeg sout na smaak by. Bedien op pap, mashed potatoes of couscous.


Brasiliaanse visbredie

Genoeg vir 6

BESTANDDELE

  • 800 g geelstert of enige ferm witvis in groterige blokkies gesny (4 cm x 4 cm)
  • ½ – 1 teelepel sout
  • Skil en sap van 1 medium suurlemoen
  • 3 eetlepels klapperolie (kookolie as jy nie klapperolie het nie)
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 wortel, in klein blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, opgesny
  • 4 knoffeltoonjies, gekap
  • ½ jalapeño, gekap
  • 1 eetlepel tamatiepasta
  • 1 eetlepel paprika
  • 1 teelepel fyn komyn (cumin)
  • 1 koppie visaftreksel
  • 1 koppie vars tamaties, gekap
  • 1 x 410 g-blik klappermelk
  • ½ koppie pietersielie, gekap

METODE

Pak die vis in ’n bak en geur met die sout, die helfte van die suurlemoen se gerasperde skil en 1 eetlepel suurlemoensap. Meng goed. Verhit die olie en soteer die uie tot deurskynend. Voeg die wortels, soetrissie, knoffel en jalapeño by en soteer vir 5 minute.

Roer die tamatiepasta, paprika, komyn en aftreksel by. Bring tot kookpunt en voeg die tamaties by. Bedek en prut vir 5 minute of tot die wortels sag is.

Roer die klappermelk by en voeg sout na smaak by indien nodig. Pak die vis in die sous, sit die deksel op en prut vir omtrent 6 – 7 minute of tot die vis gaar is. Skep tussendeur die sous oor die vis. Strooi die res van die skil oor en garneer met pietersielie. Bedien met rys.


Lensie-en-sampioenbredie

Genoeg vir 4

BESTANDDELE

  • 3 eetlepels olyfolie
  • 2 preie (leeks), opgesny
  • 1 teelepel knoffel, gekap
  • 1 matige rooi brandrissie
  • 200 g gemengde sampioene
  • Sout na smaak
  • 2 koppies gaar bruinlensies
  • ’n Skeutjie balsemieke asyn
  • ¼ koppie kookwater
  • Pietersielie vir garnering, gekap

METODE

Verhit die olie en braai die uie tot goudbruin.

Voeg die knoffel en rissie by en braai vir ’n minuut. Gooi die sampioene by en geur met sout. Braai tot al die water uit die sampioene is. Roer die lensies en asyn by.

Voeg die ¼ koppie kookwater by en prut met die deksel op vir 5 minute. Garneer met pietersielie. Bedien met groente of stysel van jou keuse.


Varkbredie in soetsuurrissiesous

Genoeg vir 4

BESTANDDELE

  • 600 g varkvleis, in blokkies gesny
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 1 teelepel vars fyn gemmer
  • 3 eetlepels sojasous
  • Olie vir vlakbraai
  • 1 ui, opgesny
  • 1 rooi brandrissie, gekap (pitte verwyder)
  • ½ groen soetrissie, opgesny
  • 1 x 400 g-blik pynappelstukke
  • Vars koljander vir garnering

Sous

  • 4 eetlepels bruinsuiker
  • 1/3 koppie witasyn
  • ½ koppie pynappelsap (pynappelstukke se sous)
  • 5 eetlepels tamatiesous
  • 2 eetlepels sojasous
  • ¼ koppie water
  • 1½ eetlepels mielieblom (Maizena)

METODE

Marineer die vleis in die knoffel, gemmer en sojasous vir ten minste 30 minute. Braai die vleis in die olie tot bruin oor hoë hitte. Hou eenkant. Soteer die ui, brandrissie en soetrissie tot sag en roer die vleis en sousbestanddele daarby.

Sit die deksel op, prut tot sag en die sous verdik. Roer die pynappelstukke by en garneer met vars koljander. Bedien met gaar noedels of klewerige jasmynrys.

WENK: Maak hierdie gereg voor die tyd sodat die geure lekker kan ontwikkel. Jy kan dit ook as ’n pizza topping (sonder die sous) gebruik.

Vanilla crème brûlée met geroosterde neute

Genoeg vir 6

BESTANDDELE

  • 2½ koppies room
  • 6 eiergele
  • 4 eetlepels suiker
  • ½ teelepel vanilla essence
  • 4 eetlepels bruinsuiker

Neute

  • 1 koppie rou, ongesoute neute van jou keuse
  • 3 eetlepels heuning
  • ¼ – ½ teelepel cayennepeper
  • ¼ teelepel fyn kaneel
  • ½ teelepels sout
  • 1 eetlepel bruinsuiker

METODE

Verhit die room oor matige hitte tot net voor kookpunt. Meng die eiers en suiker saam in ’n bak tot romerig. Roer die warm room in ’n dun straaltjie by die eiermengsel en roer deurentyd. Giet dit weer in die potjie.

Laat die mengsel op die laagste hitte van die stoof verdik. Dit moenie kook nie. Roer die vanilla essence by. Giet die mengsel deur ’n siffie in bakkies. Sit die bakkies in ’n waterbad (oondskottel met kookwater wat halfpad teen die bakkies opkom).

Bak vir 25 – 30 minute of tot gestol in ’n voorverhitte oond van 150 °?C. Haal dit uit en koel af tot kamertemperatuur. Verkoel 1 uur in die yskas of oornag. Verdeel die bruinsuiker tussen die bakkies.

Skroei met ’n blaasvlam of sit die bakkies op die hoogste oondrak onder die rooster-element se hoogste temperatuur tot die suiker karamelliseer. Verkoel vir ’n paar minute.

Neute:

Gooi die neute in ’n mengbak. Verhit die heuning vir ’n paar sekondes in die microwave tot loperig. Voeg die sout, cayennepeper, kaneel en sout by. Giet die mengsel oor die neute en meng deur.

Gooi die neute op ’n gesmeerde oondplaat en rooster by 180 °?C vir 15 – 20 minute. Haal uit en sprinkel die bruinsuiker oor.

Laat die neute vir 10 minute afkoel en breek dit liggies los van mekaar. Los sodat dit heeltemal afkoel. Pak ’n paar neute bo-op die crème brûlée en bedien.

WENK: Die neute maak ’n oulike geskenk. Verpak dit in flessies en versier met strikkies.

Beesvleis-en-jalapeño-stew

Genoeg vir 6

BESTANDDELE

  • 3 eetlepels kookolie
  • 800 g beesstert
  • 2 uie, grofgekap
  • 2 wortels, opgesny
  • 2 knoffeltoontjies
  • ½ teelepel droë origanum
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • ½ koppie rooiwyn
  • 3 vars jalapeños, opgesny (verwyder pitte as jy nie van baie sterk hou nie)
  • Sout en peper na smaak
  • 1 koppie kookwater
  • Ekstra jalapeños vir garnering

METODE

Verhit die olie in groot pot en braai die vleis oor hoë hitte tot bruin. Hou eenkant. Braai die uie, wortels, knoffel en origanum saam tot geurig en gekaramelliseer.

Sit die vleis terug in die pot en roer die tamatiepasta, wyn, die helfte van die jalapeños, ’n bietjie sout en die kookwater by. Sit die deksel op en prut tot amper sag. Voeg die res van die jalapeños by en kook tot die sous lekker dik is.

Geur met sout en peper na smaak. Garneer en bedien

Meer oor:  Kuier  |  Resepte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.