Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Rubriek: Wat die hart van vol is
12 November 2020
Ernest Loth
Ernest Loth

Menige Suid-Afrikaners word al die laaste paar maande teen die mure uitgedryf as gevolg van die grendeltyd en ander beperkings weens Covid-19. Sommige ondervind die huidige pandemie se uitwerking op verskeie traumatiese wyses. Sommige sit sonder werk. En soms is dit nie net die ma of pa wat werkloos is nie, maar ook die ander broodwinners in die huis.

Die sentjie of neseiertjie wat weggesit is vir die donker dae, moet noodgedwonge gebruik word om al die gaatjies toe te stop en steeds is dit nie voldoende nie. Want as daar eers gepeuter word aan finansies wat moes rente verdien en daar is geen lopende inkomste nie, word die bron uitgeput en moet ’n ander plan van oorlewing intree.

Die gelukkiges kon terug werk toe gaan, maar ander het hul werk heeltemal verloor omdat dit in duie gestort en vir sommige lyk die toekoms maar bleek. Baie mense raak so paniekbevange dat hulle in ’n depressiewe toestand verval en selfs selfmoord oorweeg. Kyk byvoorbeeld na die dominee wat homself in die kerk opgehang het. Dis asof die ruimte waarin almal vasgevang is, ’n tehuis vir geestelik versteurdes word – waar die eens normale mense nou in ’n abnormale situasie vasgevang is . . .

Een waaroor hulle skynbaar niks beheer oor het nie. Tog is daar verskeie maniere hoe jy jou geestelik uit jou eie omstandighede kan lig. Een van dié maniere is skryf. Skryf kan ’n uitlaatklep word vir opgekropte gevoelens wat jare al binne jou broei. Ons loop soms te veel en te lank met opgekropte wrokke teenoor mekaar rond.

Skryf kan ’n uitlaatklep word vir opgekropte gevoelens wat jare al binne jou broei. Ons loop soms te veel en te lank met wrokke rond.

Hierdie gif wat ons so in ons ronddra, kom op verskillende wyses na vore in ons daaglikse omgang met die mense rondom ons. Wrokke en haat vergal ons karakter, beïnvloed ons breinselle en word die radikale kieme wat ons immuunstelsel afbreek en ons vatbaar maak vir siektes wat ons nooit gedink het ons sou tref nie. Skaf ’n A4-skryfboek aan en skryf al die goed uit wat in jou kop is, vloek selfs in jou skryfstuk. Skryf daai brief aan die een wat veroorsaak het dat jy jouself so martel, sê hoe hy of sy jou teleurgestel het, skryf die brief aan die onnie wat jou lewe so vergal of die hoof wat die skool soos ’n diktator wil beheer.

Skryf, skryf, skryf, al pos jy nooit die brief nie! Kry net die gif uit jou sisteem. Wanneer ons wrokke koester, vertel ons onsself ons wil niks met daai een te doen hê nie. Ons gaan nie meer na die partytjies waar die “vyand” is nie, sit nie in dieselfde kerkbank nie, wil nie eens by jou eie voordeur uitloop nie, en gaan nie meer shopping nie, want jy wil kwansuis nie die persoon sien nie . . .

Maar tog sit die persoon in jou kop! Die persoon regeer jou hele lewe! Kry ’n pen en papier of sit voor jou laptop of rekenaar en skryf jou hart uit en sê vir jouself: Jy gaan nie my lewe oorheers nie. Jy gaan nie in my kop kom oorvat nie. Woon die partytjies by waar hy of sy ook is en wees vrolik. Vat jouself deftig uit. En laat gaan! Besef dat die lewe mooi is en dat dit sommige mense is wat die lewe vir jou wil versuur. Jy het die reg om op die aarde te wees. Dit was jou Skepper se besluit dat jy ook ’n plekkie in die son moet hê tot Hy besluit jou dade op hierdie aarde is voltooi.

Niemand het die reg om jou te verneder nie. Jy mag nou wel nie dieselfde materiële dinge besit wat jou buurman of buurvrou het nie of nie finansieel die mas opkom nie, maar baiekeer het hulle nie wat jy het nie! Jou empatie teenoor ander mense, jou geduld, jou blakende gesondheid en jou persoonlikheid. Dinge wat geld nie kan koop nie en wat slegs met tyd verdiep en mense rondom jou se lewens verryk.

Doen ’n slag selfintrospeksie en skryf jou goeie eienskappe neer. Skryf ook jou swakpunte neer en weeg dit op teenoor mekaar. Tien teen een gaan jou goeie eienskappe jou swakpunte oorheers. Skryf neer hoe jy dié swakpunte gaan verbeter. Skryf kan terapeuties wees – om jou kop skoon te kry en jou lewe weer sin te laat maak. En veral noudat ons na die einde van die jaar se kant toe staan, moet ons deal met die goed wat ons pla en dit in hierdie hel van ’n jaar los.


Wen R1 000 met jou hart-storie

’n Mens het ’n sterk hart nodig om al die uitdagings van die lewe aan te durf! Vertel ons jou storie oor daai keer toe jy ’n sterk hart nodig gehad het en jy kan R1 000 wen!

E-pos jou rubriek (800 woorde) en ’n foto van jouself (300 dpi) vir ‘Wat die hart van vol is’ na kuier@kuier.co.za met die woord RUBRIEK in die onderwerplyn of stuur dit met gewone pos na Wat die hart van vol is, Kuier, Posbus 1802, Kaapstad 8001. As ons jou hart-storie publiseer, wen jy R1 000!

Meer oor:  Wat Die Hart Van Vol Is  |  Kuier  |  Rubriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.