Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Rubriek: Wat die hart van vol is
Kuier | 5 augustus 2021

Hospitaalbed, stilte, bekommerde uitdrukkings, sugte, onsekerheid oor die dag van môre. Dis nooit lekker om in ’n hospitaal opgeneem te word nie.

Dit gaan gewoonlik gepaard met baie spanning, want jy weet nooit wat om te verwag nie. Dit was wat ek nou onlangs ervaar het. Ons vroue is soms baie nalatig as dit by ons eie gesondheid kom.

Ons is so besig om na die familie om te sien dat ons in die proses onsself afskeep. Besig met kerkwerk, om jou daaglikse beroep uit te leef, jou gemeenskap te ondersteun, minderbevoorregtes se tekorte te probeer verlig – en in die proses verongeluk jy jouself gruwelik. Jou liggaam praat met jou en sê “stop, ek kan nie meer nie”, maar jy ploeter net voort. En dís hoe ek in die hospitaal beland het.

My liggaam het lankal begin kla, maar ek het nie gehoor gegee nie. Die gevolg: ’n bitter lang siekbed. Was jy al ooit so bang dat dit vir jou gevoel het asof daar ’n groot, swaar yster op jou borskas lê en jou hart in jou keel klop? Dis hoe ek gevoel het.

So verskriklik hulpeloos en vol vrae. Wat nou? Hoe gaan ek hier verbykom? Wat lê vir my voor? Ek glo daar is nog vroue soos ek, wat daagliks worstel met ’n siekbed, veel erger as wat myne was. Wat my banger laat voel het, was die feit dat daar in die kamer waar ek was, slegs bejaardes was. En hier lê ek, bloedjonk volgens my, neffens hulle. Maar dit was die beste ding wat met my kon gebeur het. Ek het in ’n kamer vol wysheid gelê.

’n Kamer vol hoopvolle, vreugdevolle, gelowige vroue. Ongeag hul siektetoestand kon hul nog lekker verspot wees. Omgeevroue. Dit was vir my so mooi. Hulle was en is vir my ’n inspirasie. Hulle sê mos “met die grysheid kom die wysheid”.

Ek was omring deur ’n broeisel moederhenne! Ek het baie geleer en gesien. Terwyl ek so gelê het, het ek tot die slotsom gekom dat ons almal maar net vroue is. Ongeag ons velkleur en ouderdom.

Terwyl ek so gelê het, het ek tot die slotsom gekom dat ons almal maar net vroue is. Ongeag ons velkleur en ouderdom. Ons het almal dieselfde begeertes en drome.

Ons almal het dieselfde begeertes en drome. Om tog net weer gesond te wees en te doen waarvoor ons lief is. Dan was daar die pragtige vroue in uniform. Die verpleegsters. Hulle is beslis ’n groep formidabele mense! Ons stap daagliks by hulle verby in die winkelsentrums, leef selfs saam in een huis, maar ons besef nie watter groot en belangrike rol hulle speel nie.

Hoe massief hul taak in hospitale, fabrieke, klinieke en in gemeenskappe is nie. Heeldag en heelnag op hul bene, besig om ’n liefdestaak te verrig vir die siekes en swakkes.

En selfs dan bly hulle vriendelik, opgewek en beleef. Waardeer ons hulle? Nie altyd nie, nè. Ons verwag soms die onmoontlike van hulle. Dan is daar van ons wat hul integriteit in twyfel trek. Ongevoelige, onvriendelike, swakgemanierde pasiënte wat dink hulle is beter as almal. Skrik wakker!

As ons in ’n hospitaal beland, moet ons weet, ongeag ons posisie in die gemeenskap of by ons werk, ons moet almal dieselfde pad stap om by ons Koning uit te kom. Daardie verpleegster is die persoon wat jou verblyf in die hospitaal of selfs in die outehuis, so gerieflik en pynvry as moontlik maak. ’n Bietjie respek kos niks.

Daardie opgewekte “goeiemôre, hoe gaan dit hier vandag? Het u lekker geslaap?” Dít is hoe ons elke liewe dag begroet was. Sommige dae kon ek agterkom dat hulle ook ’n bietjie “tender love and care” nodig het. Of net ’n oor om te luister. Hulle is ook vroue met bekommernisse, wat hul families moet agterlaat om die siekes te gaan versorg. Ons het hulle nodig.

Ons het mekaar nodig. Ek het in verwondering gelê en kyk hoe hierdie aardse engele met die oumensies gepraat het, hulle uit die bed gehelp het, hulle gevoer en selfs net geduldig na hulle gesit en luister het. Kom ons vereer hulle. En as jy dalk eendag in die hospitaal beland, toon waardering en respek vir jou medepasiënte en die verpleegsters. Kom ons wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar.


Wen R1 000 met jou hart-storie

’n Mens het ’n sterk hart nodig om al die uitdagings van die lewe aan te durf! Vertel ons jou storie oor daai keer toe jy ’n sterk hart nodig gehad het en jy kan R1 000 wen!

E-pos jou rubriek (800 woorde) en ’n foto van jouself (300 dpi) vir ‘Wat die hart van vol is’ na kuier@kuier.co.za met die woord RUBRIEK in die onderwerplyn of stuur dit met gewone pos na Wat die hart van vol is, Kuier, Posbus 1802, Kaapstad 8001. As ons jou hart-storie publiseer, wen jy R1 000!

Meer oor:  Wat Die Hart Van Vol Is  |  Kuier  |  Rubriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.