Hasta la proxima. 

Die uitvoerders van beesvleis, vanaf dié land, se spreuk en propaganda is gebaseer op die feit dat ons beesvleis hoofsaaklik op gras geproduseer word. Dié vleis is veronderstel om baie gesonder te wees, geen gebruik van allerhande stimulante en sulke dinge nie en boonop ding die vee op weiding se voeding nie mee met die van mens nie. Hoe lank daar op daardie slagspreuk staat gemaak kan word, sal die tyd leer.

 

Onlangs is die eerste kongres met tema, Die Voerkraalbedryf, hier gehou. Al die onderwerpe oor die voer van beeste onder voerkraal toestande, is bespreek. Vanaf gesondheidsmaatreëls wat daar geld, tot die voeding en administrasie. In ´n land wat heelwat mielies en ander gewasse produseer, is dit seker aanvaarbaar dat dié manier van afronding van slagvee, in die toekoms, sal plaasvind.

 

Half ironies is die feit dat, ´n klompie maande gelede, op die kongres van CEA (Consorcio de Ganaderos para Experimentatión Agropecuaria) die voordele van die oorwintering en afronding op die natuurlike weiding, in diepte bespreek is.

Waar dit gaan eindig en wie eindelik die meeste diere gaan afrond, sal die toekoms leer?