Die nuwe planter is verlede jaar op verskillende grondtoestande in Suider-Afrika getoets. Volgens die vervaardiger het die toetse getoon dat die plantjies danksy die akkurate saadplasing van een tot drie dae vinniger opgekom het as met ander planters.

Die toetse is gedoen op grondtoestande wat gewissel het van droë grond met min vog tot uiters nat toestande en telkens het die Early Riser die beste gevaar.

Die planter is ook die enigste met fabrieksgeïntegreerde tegnologie vir presisieplant wat dit vir die boer moontlik maak om die planter klaar aangepas vir sy spesifieke toestande van die fabriek af te kry. Dit is ontwerp vir doeltreffende werkverrigting op verskeie grondtipes, op enige terrein en vir enige tipe gewas en ook saam met enige kunsmistoediening.

Die Early Riser bly akkuraat plant selfs op ongelyke terein en teen ’n spoed van tot 16 km/h.

Prys: Op aanvraag.

Navrae: Mnr. Arno du Plessis, e-pos: arno@northmec.co.za, sel 071 687 5227.