Terselfdertyd het die forums versoek dat die werklike in- en uitvoer van sojabone en sonneblom ook weekliks aan die SA Graaninligtingsdiens (Sagis) gerapporteer moet word soos reeds die geval met koring en mielies is. Dit is sedert verlede Julie verpligtend om voornemens vir die in- en uitvoer van mielies agt weke vooraf te rapporteer.

Skriftelike kommentaar moet aan die Nasionale Landboubemarkingsraad gelewer word, wat ’n aanbeveling aan die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye sal maak.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.