Mnr. Eric Watson van Ashburton in die Canterburystreek aan die ooskus van Nieu-Seeland se Suideiland het ’n allemintige 17,398 t/ha onder besproeiing gestroop.

Die Britse Farmer’s Weekly berig dit is die tweede keer dat Watson die wêreldrekord vir die hoogste koringopbrengs verbeter. In 2017 het hy 16,791 t/ha gestroop.

Watson skryf die opbrengssukses toe aan ’n nuwe kultivar, ’n verskuiwing na vloeibare stikstof en die gereelde monitor van plantgesondheid.

Die gemiddelde koringopbrengs onder besproeiing is rondom 12 t/ha.