Dr. John Purchase, voorsitter van die trust, sê dit is eintlik net die formalisering van ’n mondelinge ooreenkoms wat oor die afgelope meer as 20 jaar ontwikkel het.

“Dit is geen geheim nie dat die landbounavorsingsomgewing in Suid-Afrika besig is om drasties te verander, hoofsaaklik as gevolg van krimpende staatsfinansiering daarvoor, maar ook weens ’n kundige navorsingskorps wat beslis kwyn. Een van die Mielietrust se hoofdoelwitte is om navorsing en tegnologie-ontwikkeling vir die mieliebedryf binne sy vermoë te finansier.”

Hy sê mielies is die ankergewas vir die land se voedselsekerheid en derhalwe het die trust ’n groot verantwoordelikheid om toe te sien dat mielies mededingend op wêreldvlak geproduseer kan word.

Mnr. Leon du Plessis, administrateur van die trust, sê die ooreenkoms bevat die trust se normale finansieringsvoorwaardes wat vir alle begunstigdes geld. Die trust finansier 50% van die projekkoste en mag die projekte besoek en evalueer soos ooreengekom is.

Mielietrust
Van links is mnr. Leon du Plessis, administrateur en dr John Purchase, voorsiter van die Mielietrust saam met dr. Shadrack, Moephuli, uitvoerende hoof en dr. Nthabiseng Motete, groephoof gewaswetenskappe van die LNR. Foto: LNR

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.