Die USIS (Unique Sub-surface Irrigation System) stel die gebruiker in staat om doeltreffender te besproei en watergebruik met tot 60% te besnoei. Die stelsel bestaan uit ’n aantal druppers wat vertikaal in ’n geboorde gat in die grond, in lyn en weerskante van die boom, geplaas word.

Die druppers word deur middel van ’n T-stuk aan die hooflyn gekoppel. Die drupper het drie spuitgaatjies wat gewoonlik water teen ’n diepte van 100 mm of 150 mm toedien, maar dit kan aangepas word na gelang van die boer se behoefte. ’n USIS-drupper met die gewone drie spuitgaatjies lewer 2 liter water per minuut.

Die hoeveelheid water per drupper kan ook volgens spesifieke behoeftes aangepas word. Water kan dus in presiese hoeveelhede eweredig toegedien word sonder dat wind, verdamping of waterafvloei ’n invloed het. Die stelsel kan ook gebruik word om kunsmis regstreeks toe te dien.

Dit bespaar elektrisiteit omdat pompstasies se werktyd verminder word. Omdat water onder druk toegedien word, verstop die stelsel nie en grondverdigting word verminder. Twee verskillende stelsels is beskikbaar. Die eerste is spesifiek ontwerp vir gebruik op grasperke en sportvelde, en die tweede vir bome, wingerde en boorde.

PRYS: Op aanvraag

NAVRAE: Mnr. Paul Grabe, sel 082 805 0783.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.