Die gemiddelde maandelikse uit- voerprys van mielies het van Mei 2011 tot Junie 2018 gewissel van ’n lae R1 855/ton tot ’n rekord van R5 909/ton. In die totale tydperk, wat oor sewe bemarkingsjare strek, was die gemiddelde uitvoerprys van mielies R3 085/ton.

Suid-Afrika het in dié tyd 10 548 536 ton mielies uitgevoer. Dit is ’n gemiddelde jaarlikse uitvoersyfer van 1 506 934 ton. Die gemiddelde uitvoerprys in die bemarkingsjaar Mei 2017 tot April 2018 het R2 421/ton beloop. ’n Jaar gelede het die uitvoerprys van mielies in Mei en Junie onderskeidelik R2 550/ton en R2 381/ton beloop.

Die gemiddelde uitvoerprys van mielies het onderskeidelik in Mei vanjaar R2 500/ton beloop en in Junie R2 530/ton. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Suid- Afrika in Mei en Junie vanjaar 560 753 ton mielies teen ’n prys van gemiddeld R2 515/ton uitgevoer.

Dít teenoor 367 866 ton in Mei en Junie verlede jaar teen ’n prys van gemiddeld R2 465/ton. Hierdie pryse is vry-aan-boordpryse in Durban. Suid-Afrika het in die eerste twee maande van die huidige bemarkingsjaar 52% meer mielies as in die eerste twee maande van die vorige bemarkings- jaar uitgevoer.

Die verhoogde uitvoer was teen soortgelyke pryse as in die ooreenstemmende twee maande van die vorige jaar (’n marginale 2% hoër). As Suid-Afrika dieselfde uitvoertempo kan handhaaf as in die vorige bemarkingsjaar, behoort net meer as 1,9 miljoen ton mielies tot einde April aanstaande jaar uitgevoer te kan word.

Maandelikse mielie-uitvoervolume en -prys in Suid-Afrika

Voorraadvlakke

Die opgebergde voorraad mielies teen einde April verlede jaar was 1,1 miljoen ton. Die opgebergde voorraad teen einde April vanjaar het byna 3,7 miljoen ton beloop. Die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) beraam dat die mielievoorraad teen einde April volgende jaar nagenoeg 3,4 miljoen sal wees teenoor 3,7 miljoen ton einde April vanjaar.

Dit is nadat die maandelikse mielieverbruik van net meer as 880 000 ton ingereken is. Die hoop is dat ’n groter hoeveelheid mielies (2,2 miljoen ton) teen April volgende jaar uitgevoer sal word. Potensieel moet 4,3 miljoen ton mielies dus uitgevoer word voordat pryse teen hoër prysvlakke as uitvoerpariteit begin verhandel.

Dié syfer sluit 1,5 miljoen ton wit mielies en 2,8 miljoen ton geel mielies in.

17 Augustus

Die produsentelewerings van mielies tot 17 Augustus beloop 9,9 miljoen ton, aldus die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (Sagis). Vroeë lewerings het in Maart en April sowat 240 000 ton beloop.

Die totale produsentlewerings, waaronder vroeë lewerings, beloop vanjaar tot 17 Augustus dus 10,1 miljoen ton (80% van die verwagte produsentelewerings) teenoor ’n jaar gelede se produsentelewerings van 14,7 miljoen ton. Meer as 82% van die geel mielies is reeds gelewer en 78% van die wit mielies.

Produsentelewerings het in die bemarkingsjaar 2016-’17 (tot 10 Augustus) weens die droogte slegs 6,3 miljoen ton beloop. Die finale oesskatting van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) dui daarop dat 13,2 miljoen ton mielies geproduseer is. Die hoeveelheid mielies wat nog uitstaande is, beloop 3,1 miljoen ton.

Van 2008-’09 tot 2017-’18 het die uitstaande hoeveelheid mielies teen 10 Augustus gemiddeld 14% beloop. In die bemarkingsjaar 2011-’12 het die totale uitstaande hoeveelheid mielies 20% beloop. In die bemarkingsjaar 2014-’15 het dit 9% van die oesskatting beloop.

Gevolgtrekking

Volgens Sagis het mielieverbruik in die veevoermark in die bemarkingsjaar 2017-’18 tot einde April vanjaar byna 5,3 miljoen ton beloop teenoor 5 miljoen ton in die vorige jaar. Die opgebergde voorraad het teen einde April 3,7 miljoen ton beloop. Die NLBR voorspel dat dit einde April volgende jaar 3,4 miljoen ton sal beloop.

Boere se kontantvloei is onder druk, beesvleispryse is uitstekend en die voermargevoordeel moet benut word. Die vraag is hoeveel mielies tot einde April volgende jaar op plase teruggehou gaan word om dit regstreeks deur die afronding van boere se eie speenkalwers te gebruik.

Plaasverbruik is nie deel van die geregistreerde veevoerverbruik van 5,3 miljoen ton nie. Dit is wel in berekening gebring in die NLBR se projeksie van 3,4 miljoen ton mielies wat teen 30 April volgende jaar in opberging behoort te wees nie. Die plaasverbruik van mielies in die huidige bemarkingsjaar word tans op 200 000 ton wit mielies en 350 000 ton geel mielies geraam. Dit kan meer wees. Net die tyd sal leer.

Bron: SAGIS, SAID, NLBR en NOK.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.