Daar is baie risiko’s verbonde daaraan om goedere per pad te vervoer. Gevolglik is ’n omvattende, buigbare versekeringsplan nodig om dekking te bied vir boere se vragmotors, sleepwaens, swaarvoertuie en bakkies. Werktuie en trekkers behoort ook verseker te word.

Truck&Plant On-Demand se pasgemaakte versekeringsdekking vir die siviele, bou- en vervoerbedrywe stel eienaars nou in staat om slegs vir dekking te betaal wanneer dit nodig is en om die dekking in enige stadium te verander na gelang van die onderneming se sakebedrywighede.

Die polishouer neem dus die finale besluit ten opsigte van wat verseker word, wanneer dit verseker word en hoe die versekering sal werk. Die versekeringspremie wissel na gelang van die dekking wat elke maand benodig word.

Truck&Plant se dekking strek reg oor Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek, Eswatini en Malawi.

PRYS: Premies wissel na gelang van die omvang en soort dekking.

NAVRAE: Mnr. Coert Knoetze, e-pos: hello@truckplant.com