Só het mnr. Dirk Uys in ’n persverklaring gesê. Op 5 Desember is aangekondig dat mnr. Niel Giliomee, wat die Megaweek 24 jaar gelede begin het, as voorsitter van die onderneming aangestel is.

Mnre. Michael van Breda, Dirk Uys, Dirk Hanekom en Henk Aggenbach is ook deel van die bestuurspan.  

Die bestuurspan word ondersteun deur ’n werkkomitee wat uit boere, besighede en gemeenskapsleiers bestaan. Vanaf volgende jaar word die jaarlikse landbou expo weer by die Bredasdorp Mega Park aangebied (van 12 tot 15 September). 

NAVRAE: Mnre. Dirk Uys, sel 082 490 6909; Niel Giliomee, sel 082 339 3744.