Met dié gebruikersvriendelike produk kan standaardhooibale vinnig en maklik opgetel en rondgedra word.

Die idee vir die Bale Butler het ontstaan ná Groenvoer opgelet het hoe ondoeltreffend mense hooibale ronddra: Baaltou wat skaaf, rugpyn, bale wat breek en hooi wat vermors word.

Hy het vorendag gekom met ’n ligte “klou” van aluminium wat vinnig om bale van verskillende groottes pas, dit stewig vashou en keer dat die baal uitmekaar val.

Die handvatsel is veel gemakliker as om aan die baaltou te klou. Die ontwerp is ook deur ’n fisioterapeut goedgekeur as ’n kleiner las op ’n mens se rug.

PRYS: R699. 

NAVRAE: E-pos: groenvoer@mweb.co.za, web: www.groenvoer.co.za, 011 314 1211, 082 545 9277

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.