Volgens die vervaardigers van dié rataangedrewe sproeiers is dié gepatenteerde stelsel vir middelslag- of groot grasperke waterdoeltreffend.

Dit is ook geskik vir grasperke teen hellings omdat die waterlewering stadiger is as met gewone sproeiers. Dit beperk die afloop van water. Hierdie reeks kan ook ’n hoër waterdruk van 310-344 kPa hanteer. 

Prys: R42,90 vir K-Rain se opwipsproeiers met ’n reikwydte van 2,4 m tot 5 m. Navrae: Me. Magdalena Lubbe, 051 411 0101; web: www.hinterland.co.za.