Landbouweekblad beoog 'n  landboutoer na Argentinië, en doen ’n aanlyn-opname om vas te stel wat in boere se kraal sal pas.

Argentinië is een van die grootste landbou-uitvoerlande in die wêreld. Dié land is veral bekend vir sy beesboerdery, en Argentyne se per kop verbruik van beesvleis is 55 kg per kop. In RSA is dit ’n skrale16,5 kg per kop. Die nasionale beeskudde in Argetninië vat-vat aan die 50 miljoen beeste.

Op die gebied van graanboerdery het Argentinië sowat 19 miljoen hektaar nét onder sojabone. Meeste saaiboerderye in dié land maak gebruik van geenbewerking, wat deesdae heelwat belangstelling in Suid-Afrika ontlok.

Is September geleë vir jou om ’n oorsese toer van 10 dae aan te pak?

Vul die meningsopname in sodat ons kan vasstel waarin moontlike toerlede belang sou stel.