Die buitenste laag beskerm teen UV-bestraling en is in vier kleure beskikbaar: Blou, groen, grys en sandkleurig. Die middelste laag is swart en hou sonlig uit, wat algegroei voorkom. Die binneste laag is wit en van voedselveilige materiaal.

Die tenke is in verskillende groottes beskikbaar, naamlik 2 000 l (30 kg), 2 500 l (35 kg), 4 000 l (58 kg) en 5 000 l (70 kg). ’n Gewilde grootte vir dié wat nie ruimte het vir ’n boeppenstenk nie, is die Slimline 1 600 l.

Elke tenk kom met ’n soliede aanskroefdeksel. ’n Filter van 450 mm van vlekvrye staal is ’n opsionele ekstra.

Die tenke het ’n waarborg van tien jaar. Africa Tanks lewer af in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal.

PRYS:

Op aanvraag. NAVRAE: E-pos: sales@africa tank.co.za; web: www.africa tanks.co.za; 012 942 9660

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.