Dit bevat die aktiewe bestanddeel deltametrien, ’n kragtige residuele piretroïed, en bied residuele aktiwiteit teen ’n hele klomp kruipende en vlieënde plae. Die middel het ’n waterverspreibare partikelformule en is gekombineer met die weerstandbrekende sinergis piperoniel-butoksied (BPO).

Die formule bied goeie residuele aktiwiteit op die meeste oppervlakke, veral op porieuse oppervlakke, soos rou sement en geverfde oppervlakke. Die middel werk vinnig, is reukloos en vlek nie huishoudelike oppervlakke nie. Jy koop dit in ’n enkelsakkie, wat akkurate dosering moontlik maak en vermorsing verminder.

Die inhoud van die sakkie meng maklik en vinnig met 5 liter water en kan met ’n drukspuit of sproeikan toegedien word. Die produk kan in pakhuise en ander groot opbergingsgeriewe gebruik word om die voorkoms van insekte by opgebergde produkte te beheer. Die produk kan nie net op die plaaswerf gebruik word nie, maar is ook veilig om binnenshuis te gebruik, waar daar kinders en troeteldiere is.

Registrasienommers: L8605 (Wet 36 van 1947); Namibië: N-AR 1219.

PRYS: R88,90

NAVRAE: Me. Carla de Bruyn, Hinterland, e-pos: carla.debruyn@hinterland.co.za, tel. 018 464 7862