Boere wat graag nog hul droom wil bewaarheid om in Skotland gholf te speel het nog ’n paar weke die geleentheid om deel te neem aan die Old Mutual International Pairs-gholftoernooi.

Dié kompetisie, wat altyd net in groter stede aangebied was, word nou ook in die platteland aangebied om boere en werknemers van landbou-ondernemings wat gholf speel, die kans te bied om aan die reeks deel te neem. Dit is deel van die internasionale parespel-gholftoernooi – een van die wêreld se grootste toernooie vir amateur-gholfspelers.

Twee wenpare van die Agri-uitnodigingsreeks sal deurdring tot die eindronde waar ál die streekwenners sal meeding op die luukse Zebula-gholflandgoed en -spa naby Bela-Bela in Limpopo. Drie wenpare gaan daarna die land in Oktober op die internasionale eindtoernooi in Skotland verteenwoordig.

Die gholfdae wat nog oorbly, word op die volgende dorpe gehou: Robertson (6 Mei) Robyn Daniels, 021 974 8604, Uniondale (10 Mei) Marina Brink, 044 801 6401, Vredendal (13 Mei) Robyn Daniels, 021 974 8604; Humansdorp (15 Mei) Pumla Sodela, 041 390 7807; Witrivier (16 Mei) Refilwe Mahlobogoane, 082 830 9889; Caledon (20 Mei) Robyn Daniels,021 974 8604; Newcastle (22 Mei) Leonie West, 035 902 1302; Kathu (28 Mei) Galatia Bostander, 053 807 1003; Richardsbaai (29 Mei) Leonie West, 035 902 1302; Graaff-Reinet (29 Mei), Pumla Sodela, 076 481 7151; Rustenburg (3 Junie) Agri SA/NWK-dag; Piet Retief (12 Junie) Refilwe Mahlobogoane, 015 287 4436; Port Shepstone (27 Junie) Vibah Parbhoo, 031 254 6600.

Belangstellendes kan óf met die betrokke kontakpersoon skakel óf by die dorp se gholfklub bespreek.