Hul meganiese snoeisae doen onder meer diens in ZZ2 se avokadoboorde. Dié pa-en-seun-onderneming het nou ’n pneumatiese verfspuitkar vir vrugte- en neutboere bekend gestel.
Dit het ’n tenk van 250 liter waar die verfmengsel met ’n dieselmotortjie onder druk geplaas word. Die motortjie gebruik net 4 liter diesel per dag en twee verfspuite kan gelyktydig in boorde gebruik word. Die toestel is op ’n waentjie gemonteer en kan agter ’n trekker of vierwielmotorfiets getrek word.
’n Verfspan kan dus agter die snoeiers beweeg en bome dadelik ’n beskermende laag verf toedien voor die son, wind en weer skade kan aanrig. Elke verfkarretjie het sy eie logboek en die verfspuite is gekalibreer om aan GlobalGap se vereistes te voldoen.
Andrew en Wickus bied gratis opleiding aan kopers en hul werkers as deel van die kooptransaksie. As die werkers eers op dreef is, kan hulle tot 400 bome per dag verf. Die boomverwer kan ook aangepas word om pneumatiese skêre en sae aan te dryf.
Prys: R70 150.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier