Dit kan met afstandbeheer geaktiveer word en het ook ’n “paniekverstelling”.

Indien die gebruiker nie wil hê die pepersproei moet gespuit word nie, is daar ’n verstelling wat nét die alarm aktiveer.

Indien die pepersproei wel geaktiveer word, spuit dit vir 12 sekondes, wat genoeg is om enige oortreder te verdryf.

Die stelsel word toegerus met ’n battery, met bystand van 20 tot 25 uur indien daar ’n kragonderbreking is.

Dit kan ook aan ’n sonkragstelsel gekoppel word. Volgens die verskaffer is die stelsel ideaal vir plekke soos pompkamers, gifpakhuise en gereedskapkamers.

PRYS: R3 480 

NAVRAE: E-pos: info@fortisgroup.co.za, 071 045 7803

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.