Die groep vroue, onder leiding van me. Chrisma van der Merwe van Murraysburg, hekel verskeie poppies, borslappe, musse, komberse, potloodsakkies, warmsakomhulsels, spoegdoeke, komberse en babaklere, almal met ’n skapietema.

Die produkte is in Fat Sheep se aanlyn winkel beskikbaar.

Van der Merwe het as boervrou self begin om die skapies te hekel om hul plaas se inkomste aan te vul tydens die droogte, wat steeds in die gebied heers.

Danksy die gewildheid van die skapies het ál meer vroue saam begin hekel.

Die inkomste help hulle om ’n verskil te maak in die gemeenskap van Murraysburg.

PRYS: Vanaf R74.

NAVRAE: Me. Chrisma van der Merwe, 071 507 4993, e-pos: fatsheep46@gmail.com, web: fatsheep.co.za