MERNA OLIVIER, Kenhardt: Dit was wonderlik. Ons gaan met nuwe moed terug huis toe.

ALETTA FÖLSCHER: Baie dankie aan Landbouweekblad. Die dag was spesiaal, opbouend, leersaam en ’n lekker kuiergeleentheid.

ANONIEM: Baie dankie vir jul omgee, insette, ondersteuning, waardetoevoeging, geloof en liefde vir ons boere in die Noord-Kaap. Doen so voort met hierdie dae. Ons het dit so nodig.

JO STEENKAMP: Ek sal baie hou van ’n aanbieding oor hoe ons ná die droogte moet vorentoe gaan. Hoe bestuur jy weiveld ten beste, hoe lank ná die reën moet jy aanhou voer, en hoe vinnig kan jy die skape weer op die regte getal kry?

HENDRIK COMBRINK: Uitstekend. Dankie vir ’n gebalanseerde aanbieding.

ANONIEM: Baie dankie vir die goeie en insiggewende onderwerpe. Julle kan dit maar ’n voldagprogram maak. Dankie vir die uitdra van ons situasie aan die algemene publiek.

Mnr. Willem Steenkamp van Williston lees Louis du Pisani se boek Slim droogtebestuur vir veeboere. Pannar het 50 eksemplare van dié boek geborg om op die dag uitgedeel te word. FOTO: ?AMELIA GENIS

S. SWANEPOEL: Baie dankie vir die droogtedag se leersame program. Ek sal bly wees as ons in die toekoms meer gereeld sulke dae het. Dit help om met mekaar te praat en te hoor jy is nie alleen in die stryd nie.

JACO NEL, Loeriesfontein: Baie dankie vir jul moeite met die dag. Dit was uitstekend en leersaam.

WIELE, Brandvlei: Ek dink ons boere wil meer sielkundig gehelp wees. Dít is in dié stadium nodig vir ons en ons vroue. Sterkte, julle doen goeie werk.